One Crown - DANS (Music video) - Video
PUBLISHED:  Oct 12, 2013
DESCRIPTION:
Dans - Lirieke

Die feit dat ek te kort kom pla jou hoegenaamd nie
En dat ek nie goed genoeg is maak jou glad nie bang nie
Niks is so gemaklik as om by jou te wees nie
Niks is so maklik soos om jou te vertrou nie

Dit maak nie vir my sin om iets sonder jou te doen nie
En as dit van my afhang sou ek ook nie wou nie
En as ek tyd kon terug draai tot wanneer ons ontmoet het
Sou jy my weer vrae sou ek weer se ja

Belowe my net een ding
Belowe my net een ding

As ek dans belowe jy sal saam dans
Want wanneer ek alleen dans kry ek skaam
En as ek gaan belowe jy sal saam gaan
Want as ek moet alleen gaan bly ek staan

Eks afhanklik van jou teenwoordigheid
Om my die regte pad te wys
Om probleme voor my weg te skuif
Ek het jou nodig om nou saam te gaan
Om my te help om te kan staan
Om die wereld te wys dat jy werklik bestaan

Hierdie is die eerste video vanaf One Crown se nuwe album KWESBAAR.
Die video vir DANS is gemaak in samewerking met CANSA.
Die video poog om kankerlyers reg oor Suid Afrika bewus te maak van die feit dat hulle nie alleen is nie.

Die video is vervaardig deur MSM produksies onder leiding van Danie v/d Westhuizen.

One Crown Website:
www.onecrownband.co.za

MSM Produksies Website:
www.msmproductions.co.za

Kwesbaar Amazon Link:
http://www.amazon.com/Kwesbaar/dp/B00F0TT8X6

Kwesbaar iTunes link:
https://itunes.apple.com/za/album/kwesbaar/id700640515

One Crown Facebook Page:
https://www.facebook.com/OneCrownBand
follow us on Twitter      Contact      Privacy Policy      Terms of Service
Copyright © BANDMINE // All Right Reserved
Return to top